Jan Morris

Jan Morris
Gebore
James Humphrey Morris

2 Oktober 1926
Clevedon, Somerset, Engeland
Sterf30 November 2020
NasionaliteitVlag van Wallis Wallis
BeroepReisskrywer, geskiedkundige

Jan Morris (Genoot van die Koninklike Genootskap van Literatuur; 2 Oktober 1926 - 30 November 2020) was 'n Walliese geskiedkundige, outeur en reisskrywer. In 1951 het sy haar BA- en in 1961 haar MA-graad aan Christ Church College, Oxford behaal. Gedurende haar loopbaan as geskiedkundige en reisskrywer het sy haar eie kenmerkende styl ontwikkel wat aan haar byname soos "die Flaubert van die stralertydperk" (Alistair Cooke) besorg het, terwyl Rebecca West na haar verwys het as "moontlik die beste beskrywende outeur van ons tyd".

Haar beskrywings van metropole en lande soos Venesië, Oxford, Manhattan, Sydney, Hong Kong, Spanje, Wallis en Triëst toon groot insig in die karakter en historiese agtergrond van plekke en mense wat sy besoek het. Sy is veral bekend om die Pax Britannica trilogie (1968–1978), 'n historie van die Britse Ryk. Daarnaas het twee outobiografiese werke, ses bundels met versamelde reisverhale en essays, asook 'n roman uit haar pen gekom.

Sy was transseksueel, en het tot 1972 onder haar geboortenaam, James, gepubliseer, toe sy geslagtelike her-toedeling ondergaan het toe sy oorgegaan het van 'n leefstyl as man na dié van 'n vrou.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search